DIE KEUSE
Stel jouself voor dat ek jou ʼn keuse van vier geskenke aanbied: • Die oorspronklike Mona Lisa • Die sleutel van ʼn splinternuwe Lamborghini • Een miljoen dollar in kontant • ʼn Valskerm Jy kan slegs een kies. Watter een sal jy kies? Voordat jy ʼn besluit maak, hier is ʼn bietjie informasie wat jou sal help om te besluit watter een die wyse keuse is: Jy moet 10,000 voet uit ʼn vliegtuig spring. Skep dit vir jou ʼn beter prentjie sodat jy jou besluit kan maak? Ek hoop so, want jy het die valskerm nodig. Dit is die enigste een van die vier geskenke wat jou uit hierdie dilemma gaan help. Die ander het wel baie waarde, maar hulle is nutteloos as jy die wet van gravitasie in die oë staar terwyl jy 10,000 voet deur die lug val. Die wete dat jy gaan moet spring behoort ʼn gesonde vrees in jou op te wek – en dié soort vrees is goed, want dit kan jou lewe red. Hou dit in gedagte. Nou, dink aan die vier hoof godsdiens groepe: • Hinduisme • Boeddhisme • Islam • Christenskap Watter een sal jy kies? Voordat jy ʼn besluit maak, hier is ʼn bietjie informasie wat jou sal help om te besluit watter een die wyse keuse is: Die hele mensdom staan op die rand van die ewigheid. Ons gaan almal eendag doodgaan. Elkeen van ons gaan voor die deur van die dood staan. Jou beurt is dalk oor twintig jaar of ses maande …of vandag. Vir meeste mense is die dood ʼn groot en vreesagtige stap … die onbekende in. Wat staan ons nou te doen? Onthou jy dat dit die wete was dat jy uit die vliegtuig moes spring wat gelei het tot vrees, en dat daardie vrees jou gehelp het om die regte besluit te neem. Dit is omdat jy weet wat die wet van gravitasie aan jou kan doen. Op dieselfde manier gaan ons kyk na ʼn ander wet, en dan sal die wete wat hierdie wet aan jou kan doen, jou hopelik help om die regte keuse te maak omtrent die lewe se grootste vraag. So, bly by my – en onthou dat jou vrees vir jou moet werk.
DIE SPRONG
Nadat ons sterf staar ons, wat genoem word “die wet van die Gees van die lewe” in die gesig.”1 Ons ken die wet as die “Tien Gebooie.” So kom ons kyk hoe jy sal vaar as jy voor die wet staan met die Oordeelsdag. Het jy God meer as enige iets of iemand anders liefgehad? Is Hy eerste in jou lewe? Hy is veronderstel om te wees. Hy het jou lewe gegee en alles wat na aan jou is. Het jy Hom lief met jou hele hart, siel, verstand en krag? Dit is die vereiste van die Eerste gebod. Of het jy die Tweede gebod verbreek deur vir jou ʼn afgod in jou verbeelding op te maak, wat jou beter pas – deur te sê, “My god is ʼn liefdevolle en genadevolle god wat niemand hel toe sal stuur nie”? Daardie god bestaan nie. Om ʼn god in jou verbeelding te skep (jou eie weergawe van God) is wat die Bybel ʼn afgod noem. Afgodsdienaars gaan nie Hemel toe nie. Het jy al ooit God se naam ydellik gebruik, as ʼn vloekwoord om jou woede uit te druk? Om God se naam ydellik te gebruik en is ʼn baie ernstige oortreding in God se oë. Daarmee verbreek jy die Derde gebod, en die Bybel sê dat God die persoon wat sy naam ydellik gebruik nie ongestraf sal laat nie. Het jy nog altyd jou moeder en vader ge-eer, en die Sabbatdag geheilig? As jou antwoorde nee is op hierdie twee vrae, het jy die Vierde en Vyfde gebod verbreek. Het jy al ooit iemand gehaat? Die Bybel sê, “Wie ook al sy broer haat ʼn moordenaar is.”2 Die Sewende gebod is “Jy mag nie egbreek pleeg nie,” maar Jesus het gesê, “Elkeen wat vir ʼn vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg”3 (die Sewende gebod sluit seks voor die huwelik ook in). Het jy al ooit met begeerte gekyk na ʼn ander persoon of seks buite die huwelik gehad? Dan het jy die Sewende gebod verbreek. Het jy al ooit ʼn leuen vertel? Enige iets gesteel, ongeag die waarde daarvan? As jy het is jy ʼn leuenaar en ʼn dief. Die Bybel sê, “Valse lippe is vir die Here ʼn gruwel,”4 omdat Hy ʼn God van waarheid en heiligheid is. Het jy al ander mense se goed begeer? Dit is ʼn oortreding van die Tiende Gebod.
KLEIN JESSICA
So dit is God se morele wet, die enigste maatstaf waarby elkeen van ons eendag geoordeel gaan word. Ons sal geen verskonings kan maak wanneer ons voor God staan nie, omdat Hy vir ons ʼn gewete gegee wat kan onderskei tussen reg en verkeerd. Elke keer wat ons ʼn leuen vertel, iets steel, egbreek pleeg, moord pleeg, en so aan, weet ons dat dit verkeerd is. So hier is die belangrike vraag. Op die Oordeelsdag, wanneer jy voor God staan, sal jy skuldig of onskuldig bevind word met die oortreding van hierdie wette? Dink voordat jy antwoord. Sal jy Hemel of Hel toe gaan? Die Bybel waarsku dat alle moordenaars, afgodsdienaars, leuenaars, diewe, hoereerders, en egbrekers in die Hel sal opeindig.5 So, waar los dit jou? Miskien maak die gedagte om Hel toe te gaan jou nie bang nie, omdat jy nie daarin glo nie. Dit sal wees soos om voor ʼn oop deur in ʼn vliegtuig 10,000 voet in die lug te staan, en te sê, “ek glo nie dat daar enige gevolge sal wees as ek uit die vliegtuig spring sonder ʼn valskerm nie.” Om te sê dat daar geen gevolge vir die oortreding van God se wet is nie, is om te sê dat God onregverdig is, dat Hy “boos” is. Op die 24ste Februarie 2005, is ʼn negejarige meisie as vermis aangemeld deur haar ouers in Homosassa, Florida. Drie weke later het die polisie uitgevind dat sy ontvoer is, brutaal seksueel aangerand is en daarna lewendig begrawe is. Hulle het klein Jessica Lunsford gevind waar sy vasgebind was in ʼn knielende posisie, met ʼn opgestopte speelding in haar mond.
HOE SAL JY REAGEER?
Wat sal jou gevoel wees teenoor die man wat daardie hulpelose klein dogtertjie in so ʼn onbeskryfl ike brutale manier vermoor het? Is jy kwaad? Ek hoop so. Ek hoop jy is woedend.. As dit jou nie raak nie dan beteken dit daar is iets radikaal verkeerd met jou karakter. Dink jy God staan onaangeraak teenoor so ʼn gruwel? Nee! Hy is woedend daaroor. God sal so ʼn daad nie ongestraf laat bly nie. Die toorn van die Almagtige God teenoor boosheid is die bewys van Sy goedheid. As God nie toornig daaroor was nie, sou Hy nie goed gewees het nie. Ons kan nie God se goedheid van Sy toornigheid skei nie. Weereens, as God goed is van nature, moet Hy onuitspreeklik kwaad wees oor alle boosheid. Maar God se goedheid is so groot dat sy woede nie net beperk is tot die boosheid van verkragting en moord nie. Niks is verborge vir God se rein en heilige oë nie. God se woede ontvlam teenoor alle boosheid soos marteling, terrorisme, aborsies, diefstal, leuens, hoerery, owerspel, losbandigheid, egbreuk, pedofi lie, homoseksualiteit en laster. . God sien ook ons gedagtewêreld en Hy sal ons oordeel vir die verskuilde sondes van die hart, soos vir wellus, haat, rebellie, gierigheid, hebsug, onrein gedagtes, ondankbaarheid, selfsug, jaloesie, trots, hoogmoed, afguns, bedrog, ens. Jesus waarsku ons: “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag”6 (klem bygevoeg). Die Bybel sê dat God se toorn “bly” op elkeen van ons,7 en dat elke keer wanneer ons sondig, ons “toorn opgaar”8 wat ontbloot sal word op die oordeelsdag. Ons word selfs genoem “van nature die kinders van oordeel”9 (klem bygevoeg). Om te sondig teen God kom natuurlik vir ons – en daarom verdien ons God se toorn deur middel van ons sondige natuur.
ONMIDDELLIKE DOOD
Baie mense glo dat omdat God goed is, Hy almal sal vergewe en alle sondaars in die Hemel sal toelaat. Maar God se goedheid word verkeerd verstaan. Toe Moses eens gevra het om God se Heerlikheid te kan aanskou, het God vir Moses geantwoord dat geen mens God kan sien, en bly leef nie. Moses sou onmiddellik gesterf het as hy God se Heerlikheid sou aanskou het. Oorweeg die volgende vers uit die King James Vertaling: And the Lord said: “… I will make all my goodness pass before you …And it shall some to pass, while my glory passes by, that I will put you in a cleft of the rock, and will cover you with my hand while I pass.” 10 Let daarop dat God se heerlikheid in die Engelse vers, as God se goedheid vertaal word. Die goedheid van God sou Moses onmiddellik laat sterf, as gevolg van Moses se persoonlike sondigheid. Die vuur van God se goedheid sou hom verteer het, soos ʼn koppie water wat op die oppervlak van die son uitgegiet word. Die enigste manier waarop ons in die teenwoordigheid van God kan verskyn, is deur middel van ʼn rein hart. Jesus het gesê: “Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien”11 Maar as ons na die Wet kyk dan is nie een van ons “rein van hart nie.” Hierdie is vreeswekkende gedagtes omdat die God waarvan ons hier praat nie die god is wat ons in ons gedagtes bedink nie. Hy is nie die goedgunstige Vader- fi guur wat altyd vir ons glimlag oor ons sondige mensheid nie. Te-midde van hierdie vreeswekkende gedagtes onthou, laat vrees vir jou werk. Die Vrees vir God is die gesondste vrees wat jy kan bekom, die Bybel noem dit die beginsel van Wysheid.”12 Weereens, jou kennis van God se Wet sal jou help om te kan sien dat jy ʼn lewensgevaarlike dilemma in die gesig staar: God se wraak (Regverdige toorn) teenoor jou persoonlike sondes. Die regverdige straf vir sonde– die verbreking van net een Wet beteken die dood en ʼn ewigheid in die Hel. Maar jy het nie net een Wet verbreek nie, net soos die res van ons, daar is geen onderskeid nie, het jy die hele Wet al baie keer verbreek. Hoe woedend en toornig sou jy sê, mag ʼn Regter wees, teenoor ʼn misdadiger wat die hele Wet al ʼn duisend keer verbreek het?
KOM ONS KYK
Kom ons kyk na die vier hoof gelowe, om te sien of hulle jou met jou dilemma kan help. Hinduisme Die geloof van Hinduisme glo dat as jy slegte dinge doen, kan jy moontlik in ʼn volgende lewe terugkom aarde toe as ʼn rot of ʼn ander soort dier. 13 As jy goed is, kan jy moontlik terugkom as ʼn prins. Maar dit is amper soos om te sê: “Wanneer jy uit ʼn vliegtuig spring, sal jy terug gesuig word as ʼn ander passasier. As jy sleg was, sal jy in die Ekonomiese Klas (diere) eindig. As jy goed was, sal jy bevorder word tot Eerste Klas (mense). Dit is ʼn interessante konsep, maar dit handel nie met die probleem dat jy gesondig het teen God, of die probleem van die werklikheid van die Hel nie. Boeddhisme Dis ongeloofl ik om te glo, maar die Boeddhiste ontken heeltemal dat God bestaan. Hulle leer dat die lewe en dood ʼn tipe illusie is.14 Dis is soos om by die deur van ʼn vliegtuig te staan en te sê: “Ek is nie werklik hier nie; daar is nie so iets soos die wet van swaartekrag nie; daar is geen grond wat ek sal tref as ek hier uitval nie.” So gedagtegang kan jou dalk help om tydelik jou vrese te oorkom, maar dit rym nie met die werklikheid nie. Dit handel ook nie met die probleem dat jy teenoor God gesondig het, en dat daar ʼn werklike hel is nie. Islam Interessant genoeg, erken Islam die werklikheid van sonde en die Hel, sowel as die geregtigheid van God, maar hulle hoop dat sondaars God se geregtigheid kan ontvlug, deur goeie gelowige werke te doen. God sal dan, volgens hulle, hierdie goeie werke sien en, as gevolg daarvan, sal Hy hopelik genadig wees – maar hulle is nie hiervan verseker nie.15 Elke persoon se werke sal geweeg word op die dag van oordeel, en dan sal daar besluit word wie is gered en wie nie. Die besluit sal gebaseer wees op die volgende; Het jy Islam gevolg; was jy opreg in jou bekering en het jy genoeg goeie dade verrig om jou slegte dade uit te balanseer? So Islam glo dat jy God se genade kan verdien deur jou eie krag. Dit is soos om uit die vliegtuig te spring en met jou arms te klap met die idee dat dit die wet van gravitasie gaan uit kanselleer en wat jou gaan red van ʼn 3000 meter val. Daar is nog iets anders om aan te dink. Die Wet van God wys vir ons dat die beste van ons niks anders as boos en krimineel is nie en ons staan veroordeel voor die troon van ʼn Perfekte Heilige Regter. As dit verstaan word, dan word ons “regverdige dade” vir niks meer gesien as ʼn poging om die God van Heelal daarmee om te koop. Die Bybel sê dat as gevolg van ons skuld is enigiets wat ons offer vir ons regverdigmaking (ons vryspraak uit God se hofsaal) ʼn gruwel vir God,16 en dit vergroot net ons sondestand. Islam, net soos die ander godsdienste, los nie ons probleem op nie, ons het nog steeds die probleem dat ons teen God gesondig het en ook die werklikheid van die Hel. Christenskap Hoekom is die Christendom anders? Is alle gelowe nie maar dieselfde nie? Kom ons kyk. In die christelike geloof, het God self vir ons ʼn “valskerm” voorsien, en die Woord van die Here sê aangaande die Redder- “Beklee julle met die Here Jesus Christus.”17 Net soos ʼn valskerm ons probleem van swaartekrag en die gevolge daarvan kan oplos, so los hierdie Redder ons probleem van God se wet en die gevolge daarvan, op. Dit is die verlore legkaart- stuk waarna ons soek. Hoe het God ons probleem opgelos? Hy het sy toorn bevredig deur ʼn menslike vorm aan te neem en die straf wat op ons sou kom, op Homself te neem. Die Skrif leer ons dat God in Christus die wêreld met Homself verenig het. Christenskap verskaf die enigste antwoord – of valskerm – wat ons kan red van die gevolge van die Wet wat ons oortree het.
TERUG NA DIE VLIEGTUIG
Om dit meer duideliker te maak, kom ons keer vir ʼn oomblik terug na daardie vliegtuig. Jy staan op die punt van ʼn 3000 meter val- en jy moet spring. Jou hart bons in jou borskas. Hoekom? As gevolg van vrees! Jy weet dat, as gevolg van die wet van swaartekrag, gaan jy sterf as jy spring. Iemand gee vir jou die oorspronklike Mona Lisa skildery aan, maar stoot dit weg. ʼn Ander persoon bied jou die sleutels van ʼn splinternuwe Lamborghini aan, maar jy laat dit op die vloer val. Iemand anders bied vir jou ʼn miljoen Rand aan maar jy stoot dit weg en jy staan daar vreesbevange oor jou komende einde. Skielik hoor jy ʼn stem wat sê- “Hier is vir jou ʼn valskerm!” Iemand anders gee vir jou die sleutels van ʼn splinternuwe Lamborghini. Jy laat val dit op die vloer. Nog iemand probeer om ʼn miljoen dollar in jou hand te druk. Jy druk die persoon se hand weg en staan verskrik en dink aan jou naderende lot. Skielik hoor jy iemand uitroep, “Hier is ʼn valskerm!”. Watter een van die vier mense in jou opinie boesem die meeste geloofwaardigheid in? Dit is die een wat die valskerm in die lug gehou het! Weereens was dit jou vrees vir die sprong wat jou laat draai het na die goeie nuus van die valskerm. Op dieselfde wyse bewerkstellig die kennis van wat God se Wet aan jou sal doen ʼn vrees by jou, wat die nuus van ʼn Verlosser onbeskryfl ike goeie nuus maak! Dit bied aan jou ʼn uitweg uit jou verknorsing sover dit God se toorn aangaan. God het jou so lief dat Hy ʼn sondelose mens geword het in die persoon van Jesus van Nasaret. Die Verlosser het ʼn pynlike dood aan die kruis gesterf en al jou straf (die doodstraf) op Homself geneem. Die eise wat deur die ewige reggestel was, was bevredig die oomblik toe Hy uitgeroep het, “Dit is volbring!” Die toorn en verontwaardiging van God was gestil deur die bebloede liggaam aan die kruis van Golgota: “Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word.”18 Ons het die Wet verbreek, maar Hy het ʼn mens geword om ons skuld met Sy lewensbloed te betaal. Daarna het Hy uit die dood opgestaan en so die dood oorwin. Dit beteken dat God nou elke sonde wat jy al ooit begaan het kan vergewe en dat jou doodsvonnis nou afgekoop is. Wanneer jy jou sonde bely en jou vertroue in Jesus plaas, kan jy saam met die apostel Paulus sê: Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.19 Jy hoef jou dus nie meer langer te kwel oor die vrees vir die dood nie, en jy hoef ook nie verder te soek na maniere om af te reken met sonde en God se toorn nie.20 Die Verlosser is God se gawe aan jou. Die evangelie is onbeskryfl ike goeie nuus vir die hele, sondige mensdom! God kan jou regverdig. Hy reinig jou en gee aan jou die “regverdigheid” van Christus. Hy kan jou rein van hart maak deur jou sondes weg te was. Hy kan vir jou skuiling bied van Sy toorn in die skuilplek wat Hy vir jou in die Ewige Rots voorberei het.21 Net Jesus kan jou van die dood en van die Hel red, dit is iets wat jy nooit vanuit jouself kan verdien nie.22
DOEN DIT VANDAG
Om die gawe van die ewige lewe te ontvang, moet jy jou bekeer van jou sonde (wegdraai van hulle), en moet jy die Here Jesus Christus aantrek soos wat jy ʼn valskerm sou aantrek – vertrou net in Hom vir jou redding. Dit beteken dat jy jou eie goeie werke waarmee jy God probeer beïndruk (Hom probeer omkoop) moet laat staan, en jou vertrou slegs moet plaas in dit wat Jesus vir jou gedoen het. Eenvoudig gestel, laat jouself oor aan die genade van die Regter. Die Bybel sê dat God ryk is aan genade vir almal wat Hom aanroep,23 so roep Hom nou aan. Hy sal jou hoor wanneer jy met ʼn nederige en berouvolle hart tot Hom nader. Doen dit sommer nou want jy weet nie wanneer jy daardie sprong deur die deur van die dood sal moet neem nie. Bely jou sonde teenoor God, plaas jou vertroue in Jesus om jou te red, en jy sal van die dood tot die lewe oorgaan. Dit is ʼn belofte van God aan jou.24 Bid nou ʼn gebed soortgelyk aan die volgende: “Liefdevolle God, vandag draai ek my rug op al my sondes [noem hulle] en ek plaas my vertroue in Jesus Christus alleen as my Heer en Redder. Vergewe my asseblief, verander my hart en skenk aan my U gawe van ewige lewe. Ek bid dit in Jesus naam. Amen” Plaas nou jou geloof in God. Hy kan volkome vertrou word. Moet nooit twyfel in Sy beloftes nie. Hy is nie ʼn mens dat Hy sal lieg nie. Die opregtheid van jou gebed sal gedemonstreer word deur jou gehoorsaamheid aan God se wil, so lees Sy Woord (die Bybel) elke dag en gehoorsaam dit wat jy lees.25 Gaan nou na www.livingwaters.com en kies “Save Yourself Some Pain”. Daar sal jy beginsels vind wat jy kan toepas om jou te help in jou geestelike groei. Jy mag dalk ook The Evidence Bible wil aanskaf, daarin word 100 van die mees algemeenste vrae oor die Christelike geloof beantwoord. Die insiggewende opmerkings daarin sal jou help om as Christen te groei.26 Moet asseblief nie hierdie boekie eenkant neer gooi nie. As dit vir jou van hulp was, gee dit vir iemand vir wie jy omgee – daar is niks belangriker as waar hulle die ewige lewe gaan deur bring nie.27. Dankie dat jy die tyd afgestaan het om dit te lees. Mag God jou en jou geliefdes seën